Daar in ń waterkant bar van die ou Kaap
Die plek van verlore siele en weeskinders.
Drink ons warm drankies uit ou bottels,
begrawe in goedkoop bruin papier sakke.
Jou siel val laat nag in uit die koue reen.
Nou kyk ek hier op na die ope blou hemel,
ek onthou, maar wonder oor ons kruispad.
Daar is ń woordelose roep in jou stem,
en praat jy onbewustelik jou pyn met my.
Die heelal hou sy asem op in my hart,
dit sien jou en wil sy arms om jou gooi.